Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Soga, Eerw. Tiyo
Soga, Eerw. Tiyo [boodskap #123886] Sa, 12 Januarie 2019 07:19
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Eerw. Tiyo Soga was die eerste geordende Bantoeprediker in Suid-Afrika. In 1829 op Gwali in Oos-Kaapland gebore. Hy was die sewende kind van een van Gaika se vernaamste raadsmanne. Sy moeder het ’n Christen geword en hom skool toe gestuur. Hy raak bevriend met eerw. William Chalmers van die Glasgowse Sendinggenootskap en word op 15-jarige ouderdom na Lovedale gestuur vir verdere skoolopleiding. Twee jaar later, in 1846, gaan hy na Skotland om vir predikant te studeer. Voltooi sy studies in 1856 en is dieselfde jaar georden. Tree in die huwelik met ’n Skotse meisie, Janet Burnside. Keer in 1857 na Suid-Afrika terug en word personeellid van die Londense Sendinggenootskap. Hy was gou bekend, nie net as prediker nie, maar ook as ’n komponis van kerkliedere in sy eie taal en as skrywer. Oorlede in 1871.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Sofala
Volgende onderwerp: Sokker
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 10:10:43 MGT 2024