Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Smythe, Charles John
Smythe, Charles John [boodskap #123873] Vr, 11 Januarie 2019 20:25
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Charles John Smythe was die Eerste Minister van Natal. In 1852 in Skotland gebore en het in 1872 na Natal gekom waar hy in 1876 naby Nottinghamweg met bees geboer het. Toe Natal verantwoordelike bestuur kry, word hy lid van die Wetgewende Vergadering in 1893 en Speaker van 1897 tot 1899. Van 1905 tot 1906 was hy Eerste Minister van Natal, en later ’n afgevaardigde na die Nasionale Konvensie. Oorlede in 1918.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Smutshuis
Volgende onderwerp: Snider
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 20:30:22 MGT 2024