Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Smous
Smous [boodskap #123870] Vr, 11 Januarie 2019 20:13
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Smous is die tradisionele Suid-Afrikaanse naam vir ’n venter, veral een wat allerlei dinge van huis tot huis of plaas tot plaas verkoop. Smousery is ’n ou gevestigde besigheid en Francois le Vailliant, het reeds daarna verwys toe hy in die 18de eeu die Kaap besoek het. Daar was twee soorte smouse, dié wat met ’n wa gesmous het, en dié wat die sogenaamde penswinkel gebruik het. Baie beroemde Suid-Afrikaners het hulle loopbane as smouse begin, een van diegene wat met trots na die feit verwys het, was Samuel Marks. Daar bestaan onsekerheid oor die oorsprong van die woord.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Smith’s Coasters
Volgende onderwerp: Smuts, Veldmaarskalk Jan Chrlstian
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 15:46:26 MGT 2024