Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Smith Pommer
Smith Pommer [boodskap #123867] Vr, 11 Januarie 2019 20:09
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Pommer Smith was die leier van 'n Griekwa-opstand. Van Khoikhoi-afkoms. Hy het van die Katrivier-nedersetting in Oos-Kaapland af gekom en ’n beampte onder Adam Kok III geword toe hy nog onafhanklik was. Hy het die vriendskap gewen van die Pondo-opperhoof, Umquikela, en tydens die Grensoorlog van 1878 ’n deel van die Griekwavolk aangemoedig om ter ondersteuning van die Xhosas in opstand te kom. Met die hulp van ’n Khoikhoi leier, Adam Muis, het hy blanke handelsposte geplunder. Hy is doodgeskiet en die opstand is deur ’n mag onder kaptein Blyth onderdruk.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Smith, Pauline
Volgende onderwerp: Smith, Sir William James
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 11:36:18 MGT 2024