Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Smith, Professor Johannes Jacobus
Smith, Professor Johannes Jacobus [boodskap #123865] Vr, 11 Januarie 2019 20:06
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Professor Johannes Jacobus Smith was 'n Suid-Afrikaanse taalkundige en eerste redakteur van die amptelike Afrikaanse Woordeboek. Op 5 Oktober 1883 naby Tulbagh gebore. Ontvang sy opleiding in die Paarl en op Stellenbosch voordat hy sy studies in die buiteland voortsit waar hy in Germaanse tale spesialiseer. Terwyl hy in Londen was, is hy tot die balie toegelaat en behaal hy die hoogste punte in Engeland. In 1914 word hy dekaan van die fakulteit Duits en Frans aan die Victoria-kollege en nadat dit in 1919 die Universiteit van Stellenbosch geword het, word hy professor in Afrikaans. Ondertussen was hy van 1917 tot 1924 redakteur, eers van Ons Moedertaal, en daarna van Die Huisgenoot. As ’n vooraanstaande lid van die S.A. Akademie het hy ’n groot voorliefde vir die Afrikaanse taal gehad. Hy het gehelp om die spelreëls te standaardiseer en van 1925 tot 1943 het hy ’n reuse-hoeveelheid werk gedoen as redakteur van die Afrikaanse Woordeboek. Hy was betrokke in ’n geskil met die Akademie oor spelreëls - iets wat uitgeloop het op ’n kompromis in 1932. Hy was ook lid van die Plekname-Kommissie en van die Gesamentlike Matrikulasieraad en ’n trustee van die Suid-Afrikaanse Kunsgalery. Tree in 1943 af as redakteur van die Woordeboek en is oorlede op 18 Junie 1949.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Smith, Ian Douglas
Volgende onderwerp: Smith, Pauline
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 13:56:27 MGT 2024