Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Smith, Ian Douglas
Smith, Ian Douglas [boodskap #123864] Vr, 11 Januarie 2019 20:03
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Ian Douglas Smith was die Eerste Minister van Zimbabwe (destyds Rhodesië). In 1919 op Selukwe gebore en was die eerste gebore Rhodesiër wat hierdie posisie beklee het. Ontvang sy skoolopleiding aan die Chaplin School op Gwelo en studeer aan die Universiteit Rhodes op Grahamstad. Sluit in 1941 as vlieënier aan by die Britse Lugmag tydens die Tweede Wêreldoorlog, en is oor Italië afgeskiet onderwyl hy in die Rhodesiese Eskader (Nr. 237) gevlieg het. Na sy ontslag in 1946 keer hy terug na Rhodesië en word in 1948 die lid vir Selukwe. In 1953 word hy lid vir Middelland in die Federale parlement. As leier van die Rhodesian Front-party word hy in 1964 Eerste Minister met die beleid om sonder versuim onafhanklikheid vir Rhodesië te verkry. Op 11 November 1965 verklaar hy sy land onafhanklik.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Smith, Sir Harry George Wakelyn
Volgende onderwerp: Smith, Professor Johannes Jacobus
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 20:47:07 MGT 2024