Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Smith, Sir Harry George Wakelyn
Smith, Sir Harry George Wakelyn [boodskap #123863] Vr, 11 Januarie 2019 20:01
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Sir Harry George Wakelyn Smith was die Goewerneur van die Kaap die Goeie Hoop. In 1787 in Engeland gebore. Onderskei homself in die Iberiese oorlog en by Waterloo. Kom die eerste keer na die Kaap om ’n prominente rol te speel in die Kaapse Grensoorlog van 1836. Met sy oorwinnings in Indië, veral oor die Sikhs by Aliwal in 1846, is hy bevorder tot Generaal-majoor en die sirskap aan hom toegeken. Is in 1847 aangestel as Goewerneur van die Kaap. Was ’n bekwame militaris veral in die grensoorloë en in sy stryd teen die Boere wat hy in 1848 by Boomplaats in die Oranje-Vrystaat verslaan het. Ten spyte van sy opvlieënde geaardheid was hy nie ’n onsuksesvolle goewerneur nie. Sy historiese rit oor 600 myl van Kaapstad na Grahamstad ten tye van ’n oorlogtydse krisis het van hom ’n gewilde held gemaak, so ook sy simpatie met die koloniste in hulle teenkanting teen die invoer van bandiete. Oorlede in 1860.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Smithfield
Volgende onderwerp: Smith, Ian Douglas
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 20:04:02 MGT 2024