Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Smithfield
Smithfield [boodskap #123862] Vr, 11 Januarie 2019 19:59
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Smithfield is 'n dorp in die Suid-Vrystaat; in 1848 gestig en vernoem na goewerneur sir Harry Smith. Baie gevegte tussen die Basoeto’s en die Boere het daar plaasgevind, maar in 1855 is 'n Vriendskapsverdrag tussen die Oranje-Vrystaat en Mosjesj daar onderteken. In die Tweede Vryheidsoorlog het daar naby ook gevegte plaasgevind. Dit het gegroei tot ’n belangrike besproeiings- en wol-distrik. Bevolking teen die middel van die 20ste eeu: 2,824 (914 Blankes).

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Smith, Charles Thomas
Volgende onderwerp: Smith, Sir Harry George Wakelyn
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 17:30:25 MGT 2024