Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Smith, Sir Andrew
Smith, Sir Andrew [boodskap #123860] Vr, 11 Januarie 2019 19:57
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Sir Andrew Smith was 'n ontdekkingsreisiger en plantkundige. In 1797 word hy militêre dokter, word in 1820 na die Kaap gestuur en stig in 1825 die Suid-Afrikaanse Museum. Toe hy as regerings-afgevaardigde na die Oosgrens gestuur is om opperhoof Gaika te besoek, raak hy geïnteresseerd in ontdekkingsreise en onderneem in 1833, namens die ‘Association for the Exploration of Central South Africa’, ’n reeks reise wat hom deur die huidige Transvaal tot in Matabeleland voer. Sy dagboeke en botaniese waarnemings is klassiek in hulle soort. Hy bedank in 1857 uit die leër en is in 1872 in Engeland oorlede. In 1939 is sy joernale in twee boekdele gepubliseer deur die Van Riebeeckgenootskap.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Smith, Sir Abercrombie
Volgende onderwerp: Smith, Charles Thomas
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 15:55:00 MGT 2024