Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Smith, Sir Abercrombie
Smith, Sir Abercrombie [boodskap #123859] Vr, 11 Januarie 2019 19:44
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Sir Abercrombie Smith was 'n Suid-Afrikaanse staatsman, staatsamptenaar en administrateur. Op 12 Mei 1834 op St. Cyrus in Skotland gebore. Studeer aan die Universiteit van Glasgow en was onder die eerste navorsingswerkers onder lord Kelvin op die gebied van hitte en elektrisiteit. In 1860 kom hy om gesondheidsredes na die Kaap, begin werk as landmeter en word in 1865 Parlementslid vir King William’s Town. Sir John Molteno het hom in 1872 aangestel as Minister van Kroongrond in sy eerste Kabinet. Hy dra grootliks by tot die snelle ontwikkeling van die Kaapse Staatspoorweë. Later word hy Ouditeur-generaal en Staatskuldkommissaris. Oorlede in 1919.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Smit, Nicolas Jacobus
Volgende onderwerp: Smith, Sir Andrew
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 15:17:22 MGT 2024