Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Smit, Nicolas Jacobus
Smit, Nicolas Jacobus [boodskap #123858] Vr, 11 Januarie 2019 19:42
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Nicolas Jacobus Smit was die Onderpresident van die Suid-Afrikaanse Republiek. In 1837 naby Graaff-Reinet gebore. As kind trek hy saam met sy ouers na Transvaal en veg in die vroeë oorloë teen die naturelle, onder meer teen opperhoofde Sechele en Makapan. Vestig hom in Potchefstroom en word in 1864 veldkornet. In 1876 veg hy in die oorlog teen Sekoekoeni. In 1880 tree hy op sy plaas af, maar met die uitbreek van die Eerste Vryheidsoorlog is hy weer na die veld waar hy hom in die slag van Ingogo onderskei het. Nadat vrede gesluit is, word hy Volksraadslid vir Middelburg en in 1883 is hy aangestel as lid van die Onafhanklikheidsafvaardiging. In 1886 word hy Onder-president van die Suid-Afrikaanse Republiek. Oorlede in 1896.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Smit, Jacobus Stephanus
Volgende onderwerp: Smith, Sir Abercrombie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 14:59:29 MGT 2024