Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Smit, Erasmus
Smit, Erasmus [boodskap #123856] Vr, 11 Januarie 2019 19:40
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Erasmus Smit was die eerste predikant van die Voortrekkers. Op 2 Augustus 1778 in Amsterdam gebore. Hy was die seun van ’n stuurman op ’n skip wat met Wes-Indië handel gedryf het, en het sy jeugjare in ’n weeshuis deurgebring. In 1801 word hy ’n sendeling, eers in Amerika en in 1804 aan die Kaap waar hy saam met dr. J. Vanderkemp op Bethelsdorp gewerk het. Toe die Nederduitse Gereformeerde Kerk aan die Kaap geweier het om hom te orden, het hy ’n onderwyser geword en nadat hy met die suster van die Voortrekkerleier, Gerrit Maritz, getrou het, sluit hy in 1836 aan by die Trekkers. Hy word hulle nie-amptelike predikant, hou gereeld dienste, voltrek huwelike en vergesel die Trekkers na Natal. Hy vestig hom op Pietermaritzburg waar hy in 1863 oorlede is.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Smee-eend
Volgende onderwerp: Smit, Jacobus Stephanus
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 20:19:31 MGT 2024