Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Smartt, Sir Thomas William
Smartt, Sir Thomas William [boodskap #123854] Vr, 11 Januarie 2019 19:37
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Sir Thomas William Smartt was 'n kabinetslid en leier van die destydse Unionistiese Party. In 1858 in Ierland gebore. Studeer in die medisyne in Dublin en kom in 1880 na Suid-Afrika waar hy hom op Britstown in die Karoo vestig. Daar raak hy geïnteresseerd in boerdery en stig die beroemde Smartt-Sindikaat, wat een van die grootste damme in die land bou by Houwater naby Britstown. In 1895 word hy lid van die Kaapse Parlement en is onmiddellik daarna deur sir Gordon Sprigg aangestel as Minister van Binnelandse Sake. In die Tweede Vryheidsoorlog was hy saam met Rhodes in die beleg van Kimberley. In 1900 word hy Kommissaris van Publieke Werke, en beklee ook ’n soortgelyke pos in die Jameson-ministerie van 1904 tot 1908. Nadat hy deelgeneem het aan die Nasionale Konvensie word hy leier van die Unionistiese Party en opvolger van sir L.S. Jameson. Hy was lid van die Opposisie tot die samesmelting van die Suid-Afrikaanse en die Unionistiese Party in 1921 toe hy Minister van Landbou geword het. Hy beklee dié pos tot 1924 en is in 1929 oorlede.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Sluysken, Abraham Josias
Volgende onderwerp: Smee-eend
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 10:28:00 MGT 2024