Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Sluysken, Abraham Josias
Sluysken, Abraham Josias [boodskap #123853] Vr, 11 Januarie 2019 19:34
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Abraham Josias Sluysken was die laaste Goewerneur van die Kaap onder die N.O.I.K. In Holland gebore en sluit op vroeë leeftyd by die Kompanjie aan. Was Handelsdirekteur in Surat en is in 1793 na die Kaap gestuur. Hy kom hier aan tydens die verblyf van Nederbergh en Frijkenius, vind die kolonie op die randjie van ineenstorting, diep in die skuld en kry gou te doen met ’n opstand onder die boere in Graaff-Reinet en Swellendam. In die omstandighede het hy met groot takt te werk gegaan, en toe hy die nuus ontvang van ’n dreigende Britse aanval, het hy sy bes gedoen om die swak verdedigingstelsel aan die Kaap te verbeter. Hy het geweier om vrywillig oor te gee, maar die onvermydelike aanvaar en is in 1795 in ’n neutrale skip na Holland gerepatrieer. Daar is hy deur die Nasionale Vergadering in Den Haag van sy taak onthef. Sluysken het in 1797 ’n boek oor sy ondervindings, Verhaal gehouden by den Commissaris van de Caap de Goede Hoop, gepubliseer.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Slurry
Volgende onderwerp: Smartt, Sir Thomas William
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 15:40:47 MGT 2024