Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Sloley, Sir Herbert Cecil
Sloley, Sir Herbert Cecil [boodskap #123851] Vr, 11 Januarie 2019 19:30
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Sir Herbert Cecil Sloley was die resident-kommissaris van Basoetoland en deskundige op die gebied van naturellesake. In 1855 in Kalkutta gebore en begin met sy loopbaan in ’n Londense bank. Op 22-jarige ouderdom kom hy na Suid-Afrika en sluit aan by die Cape Mounted Rifles waarin hy met onderskeiding geveg het. In 1883 word hy oorgeplaas na die Kaapse Polisie en toe na die Basoetoelandse Berede Polisie, waarvan hy in 1889 Assistent-kommissaris word. In 1898 word hy Staatsekretaris van Basoetoland en van 1916 af Resident-kommissaris. Oorlede in 1937.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.

Vorige onderwerp: Slegtkamp, Kaptein Henri Frederick
Volgende onderwerp: Slurry
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 10:26:23 MGT 2024