Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Slanghalsvoël (Anhinga rufa)
Slanghalsvoël [boodskap #123843] Vr, 11 Januarie 2019 19:05
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Die Slanghalsvoël (Anhinga rufa) is verwant aan die duikers, maar met ’n lang slangagtige nek, klein koppie en stywe stert. Die nek maak ’n eienaardige kinkel wat die voël in staat stel om sy snawel uit te skiet en sy prooi te deurboor. Swem met die grootste deel van die lyf onder water sodat net ’n deel van die nek en kop sigbaar is. Dit word aangetref by die groter riviere en ander binnelandse water in Suid-Afrika. Vlieg in groepe en vernag in hoë bome.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Slanggifserum
Volgende onderwerp: Slangkop
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 18:15:53 MGT 2024