Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Slagtersnek-Rebellie
Slagtersnek-Rebellie [boodskap #123838] Vr, 11 Januarie 2019 17:30
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Die Slagtersnek-Rebellie is 'n opstand in 1815 wat voortgespruit het uit die vervolging van ’n boer, Frederick Cornelius Bezuidenhout, in die vallei van die Baviaansrivier in Oos-Kaapland. Hy is gedaag om voor die hof te verskyn op aanklag van mishandeling van ’n kleurlingbediende. Toe hy geweier het om aan herhaalde waarskuwings gehoor te gee, is luitenant Frans Rossouw en 12 Khoikhoi-soldate gestuur om hom in hegtenis te neem. Hy het hom verweer en toe daar oor en weer geskiet is, is hy dodelik getref. Vyf van die burgers wat oor sy dood in opstand gekom het, is verhoor, skuldig bevind en ter dood veroordeel. Die vonnis is in die openbaar voltrek. Die galgtoue het gebreek en die manne is ’n tweede keer opgehang voordat hulle dood was. Die hele voorval het groot verontwaardiging onder die koloniste veroorsaak en het lank sy donker skaduwee oor die Suid-Afrikaanse geskiedenis gewerp.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Skua of Roofmeeu
Volgende onderwerp: Slamse Mense
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 10:35:52 MGT 2024