Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Skaife, Dr. Stacy Harold
Skaife, Dr. Stacy Harold [boodskap #123824] Vr, 11 Januarie 2019 17:17
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Dr. Stacy Harold Skaife was 'n Suid-Afrikaanse natuurkundige. Op 12 Desember 1890 in Londen gebore en studeer aan die Universiteite van Reading en van Leipzig. Op 23-jarige ouderdom kom hy na Suid-Afrika om ’n onderwyspos by die Rondesbosch Boys High te aanvaar, maar omdat hy so ’n groot belangstelling in natuurgeskiedenis het, sluit hy in 1916 by die Department van Landbou aan as Insektekundige en was hy verbonde aan die Cedara-Landboukollege in Natal. In 1920 word hy Organiserende Inspekteur van Landbou en Wetenskaplike Onderwys. Gedurende die jare het hy begin met die skryf van boeke wat gewild geword het en waarvan verskeie aan kinders opgedra is. Op versoek van die Regering het dr. Skaife in 1935 ’n opvoedkundige skoolradiodiens georganiseer. Onder die skrywersnaam, Hendrik Brand, het dr. Skaife in 1929 rillers en speurverhale begin skryf wat in Afrikaans verskyn het - die meeste met die hoofkarakter, Adriaan Hugo, as speurder.

Sy boeke het landswyd gewild geword. Hy het egter wêreldwye aansien verwerf met sy epogmakende navorsing in die lewe en eienaardighede van miere en termiete asook oor insekte in die algemeen waaroor hy standaardverhandelinge gepubliseer het. In 1944 is hy aangestel as Voorsitter van die Vissery-Ontwikkelings-korporasie, ’n pos wat hy tot 1948 beklee het.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Skaapwagter of Koggelaar
Volgende onderwerp: Skans
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 12:12:04 MGT 2024