Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Sjinese
Sjinese [boodskap #123820] Vr, 11 Januarie 2019 17:09
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Sjinese muntstukke wat by Zimbabwe en elders gevind is, bewys dat handelsverkeer hier bestaan het lank voor die blanke nedersetting. Van Riebeeck het voorgestel dat daar gebruik gemaak moet word van Sjinese arbeiders, maar benewens enkele immigrante het die getal onbenullig gebly.

Na die Tweede Vryheidsoorlog het die tekort aan nie-blanke arbeid op die Randse goudmyne die owerhede genoodsaak om Sjinese arbeiders te werf. Die Transvaalse Kamer van Mynwese het uitgebreide organisasies in Tientsin ens. gestig. Gedurende 1904 het die eerste rekrute in Transvaal aangekom en vermeerder totdat daar meer as 50,000 aan die Rand gewerk het. Voortdurende wetteloosheid was die oorsaak dat die proefneming baie gekritiseer is.

In 1906 wen die Engelse Liberale Party ’n verkiesing op grond van die vals verslae van ‘Sjinese slawerny’ aan die Rand. Verbeterde werwing van Bantoes het Sjinese arbeiders oorbodig gemaak en in 1908 is daar met repatriasie begin. Teen 1910 het die meeste arbeiders die land verlaat, hoewel ’n klein aantal Sjinese, ongeveer 2,000, in die Republiek bly woon het. Die grootste gemeenskappe is aan die Rand, Port Elizabeth en Kaapstad waar daar Sjinese skole is.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Sjeik Josef
Volgende onderwerp: Skaapbos
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 13:47:58 MGT 2024