Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Sitrus
Sitrus [boodskap #123815] Vr, 11 Januarie 2019 07:08
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Sitrusvrugte
Sitrusvrugte
Sitrus (genus Citrus) is die versamelnaam vir subtropiese vrugte soos die lemoen, lemmetjie, nartjie, pomelo en suurlemoen.

Lemoene is aan die Kaap verbou sedert die vroegste nedersetting, maar die bedryf het nie ontwikkel voor die laaste jare van die 19de eeu toe die eerste nawellemoene van Brasilië en Kalifornië ingevoer is nie. Verbouing het op groot skaal in verskillende dele van die land begin, insluitende die Sondagsriviervallei in Kaapland, die Katriviergebied, die distrik Citrusdal in Wes-Kaapland en veral in Oos- en Noord-Transvaal. Danksy die ondernemingsgees van wyle I.W. Schlesinger, het die Zebediela-landgoed naby Potgietersrus ontwikkel in die grootste enkele lemoenboord in die wêreld met meer as 650,000 draende bome. Lemoenboorde is ook aangelê in Zimbabwe (Rhodesië), veral in die Mazoe-gebied. In die uitvoerhandel na Engeland en die Europese vasteland het die Suid-Afrikaanse kwekers in dié sin ’n voordeel dat hulle, omdat hulle in die Suidelike Halfrond is, nie met Kaliforniese, Europese en Midde- Oosterse produsente hoef mee te ding nie. Voorverkoelingskure en ander installasies is in Kaapstad en elders opgerig. Sien Boegoe.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Sishen
Volgende onderwerp: Sivetkat
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 09:22:35 MGT 2024