Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Sinkgat
Sinkgat [boodskap #123809] Vr, 11 Januarie 2019 06:58
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
'n Sinkgat.
'n Sinkgat.
Sinkgate is ondergrondse uithollings in sekere dele van Suid-Transvaal, veral in dolomietformasie. Dit word onder andere veroorsaak deurdat groot hoeveelhede water uitgepomp word vir die goudmyn-bedrywighede. Ernstige ongelukke sluit in die instorting by die Wes-Driefonteinmyn in Desember 1962 met die lewensverlies van 29 mense; en die instorting van vyf huise by die Blyvooruitzichtmyn op 3 Augustus 1964 toe nog ses mense gedood is. Intensiewe navorsing het gevolg en ’n nuwe tegniek is ontwikkel om die ondergrondse uithollings met slik en ander materiaal te vul. ’n Groot deel van Carltonville was aan gevaar blootgestel deur sinkgate.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Sink
Volgende onderwerp: Sinnaberiet
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 19:26:58 MGT 2024