Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Simonstad
Simonstad [boodskap #123807] Vr, 11 Januarie 2019 06:54
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Simonstad is 'n vlootbasis 20 myl van Kaapstad. In Simonsbaai, ’n inham in Valsbaai. Lê aan die voet van Simonsberg wat net soos die hawe na goewerneur Simon van der Stel vernoem is. Die vernaamste waarde van die hawe is sy beskutting teen die winterstormwind wat Kaapstad so gevaarlik gemaak het voordat die dokke gebou is.

Hoewel dit vroeër gebruik is, het Simonstad eers in 1742 ’n hawe geword toe ’n dorpie ook daar ontstaan het. Teen die einde van die 18de eeu het dit reeds oor militêre en vloot-installasies beskik. Onder die Britse besetting is sy strategiese waarde eers ten volle besef. Tydens die eerste Britse bewind van 1795 tot 1802 is dit as ’n vlootbasis gebruik en dit was die toneel van ’n vlootmuitery, ’n nasleep van die een by Spithead in 1797. In 1806 het groot ontwikkelings begin. Die Admiraliteitsgebou is in 1814 opgerig toe die Vloot besluit het om ’n eskader permanent daar te stasioneer. Dit bly die belangrikste vlootstasie in die Suidelike Halfrond. Die dorp het tot 1899 ’n sekere hoeveelheid handelsverkeer gedra, maar toe het die Admiraliteit feitlik heeltemal die beheer oorgeneem. Die werk aan die nuwe skeepswerf het in 1899 begin en is in 1910 teen ’n koste van £2,500,000 (R5,000,000) voltooi.

Met die stigting van die Suid-Afrikaanse Vloot is daar op veranderings aangedring en in April 1957 is Simonstad aan die Unie se Departement van Verdediging oorhandig hoewel Brittanje die reg behou om dit, soos benodig mag word, in oorlog en vrede te gebruik. Die dorp is skilderagtig geleë en vol ouderwetse geboue. Bevolking teen die middel van die 20ste eeu: 9,000 (4,000 Blankes).

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Silwerduiker
Volgende onderwerp: Sink
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 19:19:25 MGT 2024