Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Silwerduiker (Podicipidae)
Silwerduiker [boodskap #123806] Vr, 11 Januarie 2019 06:51
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Die Silwerduiker (familie Podicipidae) is 'n beskermde varswatervoël wat oral in Suid-Afrika aangetref word en baie soos die Europese spesie lyk. Die bene sit so ver terug dat die voël beswaarlik kan loop. Tone het swemvliese, maar is nie dig verbind nie. Uitstekende onderwaterswemmer en duiker na krappe en vis. Vlieg moeilik. Verekleed baie syagtig. Die groot kuifkopduiker het ’n mooi plooikraag en dubbelkuif maar is minder bekend as die klein Kaapse duikertjie, wat ’n donker klein voëltjie is, kastaiingkleurig op die wange en nek in die broeiseisoen. Sy geroep met broeityd klink na ’n borrelende gelag. Sien Voëls.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Silwerboom
Volgende onderwerp: Simonstad
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 16:08:33 MGT 2024