Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Silveira, Dom Gonzalo da
Silveira, Dom Gonzalo da [boodskap #123804] Vr, 11 Januarie 2019 06:48
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Dom Gonzalo da Silveira was 'n Portugese sendeling en heilige. Uit die adelstand gebore in Almeirim, aan die rivier Tagus. In 1543 sluit hy aan by die Jesuite-orde en 1556 word hy na Goa gestuur waar hy uitstaande werk gedoen het in die verspreiding van die Katolieke geloof. In 1560 brei hy sy werk uit na Mosambiek, wat nog onder die jurisdiksie van Portugees-Indië geval het. Hy en ’n lekebroer, André da Costa, was belas met die taak om die plaaslike stamme te bekeer. Hy het die binneland ver binnegedring en ’n sendingpos by die Monomotapa- en Makalangastam opgerig. Nadat hy hom die vyandskap van die plaaslike opperhoof op die hals gehaal het deur 50 naturelle te doop, is hy op 16 Maart 1561 verwurg en sy lyk in die rivier gegooi. As gevolg van sy marteling is hy later heilig verklaar.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Sillimaniet
Volgende onderwerp: Silwerboom
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 21:00:24 MGT 2024