Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Silkaats (Umsiligasi)
Silkaats [boodskap #123802] Vr, 11 Januarie 2019 06:45
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Silkaats (ook bekend as Umsiligasi en Moselekatse) was die eerste koning van die Matabeles. In Zoeloeland gebore; word teen die einde van die 18de eeu ’n generaal onder Tsjaka en onderskei homself in baie strooptogte. Omstreeks 1824, na ’n rusie met Tsjaka, vlug hy oor die Drakensberg met 'n paar duisend volgelinge, die kern van ’n toekomstige volk. Hy rig sy hoofkwartier in by Mosega in die huidige distrik Marico, Transvaal, en wis die meeste stamme tussen die Oranje- en Limpoporivier uit. Nadat hy deur die Voortrekkers verslaan is, het hy oor die Limpopo getrek. Hy het sy gesag oor ’n groot gebied uitgebrei en het die Masjonas feitlik geheel en al aan hom onderwerp. Oorlede in 1868. Sien ook Matabeles.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Silindermeule
Volgende onderwerp: Sillimaniet
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 14:28:00 MGT 2024