Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Sigcau (Sigcawu)
Sigcau [boodskap #123798] Vr, 11 Januarie 2019 06:34
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Sigcau (ook bekend as Sigcawu) was die Pondohoofman en seun van Umquikela. Volg sy vader op 15 Februarie 1888 op, maar omdat hy onbekwaam en ’n swakkeling was, het hy toegelaat dat chaotiese toestande in sy onafhanklike gebied ontstaan. Die Kaapse regering onder Cecil John Rhodes het op 17 Maart 1894 tussenbeide getree. Sigcau het ingestem om ’n Britse onderdaan te word en het Pondoland onder die Kroon geplaas. Na die anneksasie het Sigcau geregtelike stappe teen die Koloniale regering gedoen wat uitgeloop het op ’n verhoor voor die Geheime Raad in Londen. Die saak is beredeneer deur H.H. Asquith, later Britse Premier. Sigcau was suksesvol in die vindikasie van sy regte. Oorlede in 1905.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Sieketrooster
Volgende onderwerp: Sigorei
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 19:01:19 MGT 2024