Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Shippard, Sir Sidney Godolphin Alexander
Shippard, Sir Sidney Godolphin Alexander [boodskap #123795] Do, 10 Januarie 2019 20:07
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Sir Sidney Godolphin Alexander Shippard was 'n Suid-Afrikaanse diplomaat en regsgeleerde. In 1838 in Engeland gebore, ontvang onderwys aan die Kings College School en studeer aan Oxford; in 1867 tot die balie toegelaat. Drie jaar later kom hy na die Kaap, vestig hom in Kimberley en was van 1873 tot 1877 Prokureur-generaal van die kolonie Griekwaland-Wes. Van 1880 tot 1885 regter van die Hooggeregshof van die Kaapkolonie. Hy was ook die Britse Kommissaris in die gesamentlike Brits-Duitse kommissie wat die aansprake van die twee lande op die kus van Namibië (Suidwes-Afrika) ondersoek het. Met die stigting van die eerste howe in Betsjoeanaland is hy aangestel as hooflanddros en president van die Grondkommissie. Van 1885 tot 1895 was hy Adjunk Hoë-Kommissaris vir die Betsjoeanalandse Protektoraat en die Kalahariwoestyn. Hy het baie geskryf oor regsake, onder meer ’n verslag oor die beroemde saak van die biskop van Grahamstad teen Williams in 1879. In 1902 in Engeland oorlede.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Shimian
Volgende onderwerp: Sibasa
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 12:32:37 MGT 2024