Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Shepstone, Sir Theophilus (Somtseu)
Shepstone, Sir Theophilus [boodskap #123791] Do, 10 Januarie 2019 20:00
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Sir Theophilus Shepstone was 'n Suid-Afrikaanse staatsman. Op 8 Januarie 1817 in Engeland gebore. Kom in 1820 saam met sy ouers by die Kaap aan, word in 1835 tolk in die oorlog teen die Xhosas en word in 1839 Britse Resident in Kaffrarië. Sy slag met Bantoes lei in 1845 tot sy aanstelling as Agent vir Naturellesake in Natal. In 1856 word hy bevorder tot Sekretaris van Naturellesake in Pietermaritzburg en in 1872 reël hy die opvolgingstelsel van die Zoeloetroon en die formele kroning van Cetshwayo. In 1874 is hy na Engeland gestuur vir raadpleging met die Departement Kolonies en in 1877 was hy verantwoordelik vir die besetting en anneksasie van Transvaal. Hy bly in Pretoria tot 1879. In 1880 tree hy af, maar is aangestel as administrateur van Zoeloeland in 1884. Hy tree uiteindelik af in Pietermaritzburg waar hy deur alle nie-blankes vereer is. Sy Bantoenaam was ‘Somtseu’ (‘Magtige Jagter’). Oorlede op 23 Junie 1893.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Shellybaai
Volgende onderwerp: Shepstone se Hen
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 08:57:01 MGT 2024