Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Sheil, John Devonshire
Sheil, John Devonshire [boodskap #123789] Do, 10 Januarie 2019 19:57
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
John Devonshire Sheil was 'n regter van die Kaapse Hooggeregshof. In 1855 naby Dublin gebore. Hy het sy loopbaan as ’n soldaat in die Royal Dublin Fusiliers begin en in die Geweeroorlog van 1880-81 na Suid-Afrika gekom. Studeer in die regte en word in 1889 tot die balie toegelaat. Hy vestig hom aan die Kaap en word in 1902 regter van die Oostelike Distrikte-hof. Tree af in 1913 en is oorlede in 1935.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Shaw, Louise Flora
Volgende onderwerp: Shellybaai
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 16:19:37 MGT 2024