Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Shaw, Louise Flora (Lady Lugard)
Shaw, Louise Flora [boodskap #123788] Do, 10 Januarie 2019 19:55
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Louise Flora Shaw (Lady Lugard) was 'n Britse joernalis. In die jare 1850 in Ierland gebore as dogter van generaal Shaw. Sluit aan by die Londense Times en word hoof van die koloniale afdeling. In die hoedanigheid kom sy in aanraking met Cecil Rhodes met wie se ambisies sy baie simpatie gehad het en vir wie sy agter die skerms sendings na Whitehall onderneem het. As spesiale korrespondent besoek sy Suid-Afrika en ontmoet president Kruger. In 1902 tree sy in die huwelik met die beroemde Britse ontdekkingsreisiger en koloniale goewerneur, sir Frederick Lugard (later lord Lugard). Sy het verskeie boeke geskryf. Oorlede op 25 Januarie 1929.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Sharpeville
Volgende onderwerp: Sheil, John Devonshire
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 17:35:46 MGT 2024