Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Sharpeville
Sharpeville [boodskap #123787] Do, 10 Januarie 2019 19:53
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Sharpeville is 'n dorp by Vereeniging (oorspronklike vir bantoe-inwoners) in die Transvaal. Die plek is na John Sharpe, 'n burgemeester van Vereeniging, genoem. Dit was die toneel van ernstige rasse-onluste op 21 Maart 1960. Volgens ’n amptelike verslag het ’n skare van 20,000 Bantoes die polisiestasie aangeval. Die polisie het geskiet en 69 mense is gedood.

’n Geregtelike ondersoek is ná die voorval ingestel. Die regering van Hendrik Verwoerd het 'n noodtoestand aangekondig en 'n verbod op die ANC en PAC geplaas. Nelson Mandela het sy beleid van vreedsame verset laat vaar en die ANC se militêre vleuel, die Umkhonto we Sizwe, is gestig. Die kritiek binne die Brits Gemenebes lei daartoe dat Suid-Afrika homself van die gemeenskap losgemaak en op 31 Mei 1961 'n republiek gestig het. Sedert 1994 word die slagting in Suid-Afrika as Menseregtedag (Sharpevilledag) gedenk.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Shannon
Volgende onderwerp: Shaw, Louise Flora
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 09:07:55 MGT 2024