Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Shangani-Patrollie (Wilson-Patrollie)
Shangani-Patrollie [boodskap #123785] Do, 10 Januarie 2019 19:50
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Die Shangani-Patrollie was 'n groep van 33 berede soldate onder majoor Allan Wilson. Tydens die Matabele-oorlog van 1893 het hulle in agtervolging van die Matabelekoning, Lobengula, die Shanganirivier oorgesteek. Die rivier het afgekom en hulle met hulle terugkeer afgesny. Op 4 Desember is hulle by ’n plek 84 myl noordwes van Shiloh deur ’n oorweldigende mag Matabeles aangeval. Hulle het geweier om oor te gee en het al singende ‘God Save The Queen’ geveg tot die laaste man gesneuwel het. Hulle is tydelik naby Zimbabwe begrawe en is later ter ruste gelê by World’s View in die Matopo’s waar hulle heldedaad met ’n monument herdenk word.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Shamva
Volgende onderwerp: Shannon
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 14:02:59 MGT 2024