Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Serpa Pinto, Alexandre Alberto de la Rocha
Serpa Pinto, Alexandre Alberto de la Rocha [boodskap #123776] Do, 10 Januarie 2019 19:42
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Alexandre Alberto de la Rocha Serpa Pinto was die goewerneur van Mosambiek en 'n Portugese ontdekkingsreisiger. Op 10 April 1846 in Portugal gebore. Hy het met ’n militêre loopbaan begin en wêreldroem verwerf toe hy van 1877 tot 1879 Afrika deurkruis en die prestasie van H.M. Stanley geëwenaar het. Later het Serpa Pinto die oorsprong van die Zambezi nagespoor en het in 1881 die goue medalje van die Paryse Geografiese Genootskap ontvang. Sy aanstelling as Goewerneur van Mosambiek in 1889 het saamgeval met die diplomatieke moeilikhede met Brittanje oor die Portugese grens en die Massekessi-voorval. Oorlede in 1900.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Sering
Volgende onderwerp: Sesheke
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 12:29:09 MGT 2024