Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Sering (Kirkia acuminata)
Sering [boodskap #123775] Do, 10 Januarie 2019 19:38
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Die sering (Kirkia acuminata) is een van die sierlikste bome van die Laeveld, Botswana, Zimbabwe (Rhodesië) en Sentraal-Afrika. Blaarryk met 'n gladde bas, tot 30 voet hoog. Anders as die meeste Suid-Afrikaanse bome is dit bladwisselend met pragtige geel en oranje herfstinte. Die klein wit blomme groei in slank blomtakke. Die vrug is ’n harde vierhoekige kapsule. Hoewel die lig en donkerbruin gevlekte hout baie gebruik word vir meubels, is dit nie duursaam nie. Sien Bome.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Serang
Volgende onderwerp: Serpa Pinto, Alexandre Alberto de la Rocha
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 08:11:54 MGT 2024