Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Sentrale Nuusagentskap (CNA)
Sentrale Nuusagentskap [boodskap #123773] Do, 10 Januarie 2019 19:35
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Die Sentrale Nuusagentskap (CNA) is 'n Suid-Afrikaanse uitgewer met kettingwinkels wat boek en skryfbehoeftes verkoop. Dit het ontwikkel uit ’n onderneming wat in 1895 deur Michael Davis en Albert Victor Lindbergh gestig is vir die kleinhandelverkoping van koerante in Johannesburg. Die firma het later die verspreiding van koerante na privaatwonings en kantore aan die Witwatersrand en ander dele van Suid-Afrika onderneem. Tydens die Tweede Vryheidsoorlog het die Agentskap ’n monopolie verkry vir die verkoop van die Cape Times en ander koerante in Kaapstad. Dit was jare lank ook in beheer van spoorwegboekwinkels in Transvaal en die Oranje-Vrystaat. In 1902 is dit as ’n beperkte maatskappy in samewerking met die Argus Printing and Publishing Company en myngroepe gestig, terwyl die steun van ’n beroemde Britse en Australiese firma, Gordon and Gotch Ltd. die aanbieding van vooraanstaande oorsese koerante en tydskrifte verseker het. Teen dié tyd het dit ook oor ’n florerende boekhandel beskik wat baie soorte boeke onder sy eie stempel gepubliseer het. In die jongste tyd hanteer dit ook algemene ware en sierware. Dit het vandag takke takke oor die land. In Zimbabwe (Rhodesië) is sy filiaalmaatskappy, Kingstons Limited.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Sentraal-Afrikaanse Federasie
Volgende onderwerp: Serang
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 14:43:41 MGT 2024