Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Selous, Frederick Courtney
Selous, Frederick Courtney [boodskap #123767] Do, 10 Januarie 2019 19:17
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Frederick Courtney Selous was 'n Zimbabwiese (Rhodesiese) jagter en ontdekkingsreisiger. In 1851 in Londen gebore en ontvang sy skoolopleiding in Rugby. Seil in 1871 na Afrika, land in Port Elizabeth en reis na Kimberley waarvandaan hy op sy eerste ekspedisie na Matabeleland vertrek het. Word gou ’n bekende figuur en het groot respek afgedwing by die Matabelekoning, Lobengula, en sy onderdane. Tussen 1876 en 1878 het hy ver anderkant die Zambezi in die Kafue-gebied handel gedryf en in 1879 na Mashukulumbwe gereis. Sy eerste boek het groot belangstelling in die jag van grootwild laat ontstaan en na 'n besoek aan Brittanje keer hy in 1881 terug om hom as volstruisboer hier te vestig. In plaas daarvan reis hy na Barotseland. In 1889 ontmoet hy Cecil John Rhodes in verband met laasgenoemde se plan vir die stigting van die Chartered Company en die besetting van Masjonaland. Selous onderneem om in 1890 as gids op te tree vir die voorgestelde ekspedisie. Hy het groot bekendheid verwerf, maar weinig geldelike vergoeding. Nadat hy in die Matabele-oorlog geveg het, gaan hy terug na Engeland. In 1917 het hy in Oos-Afrika gesneuwel.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Selakant
Volgende onderwerp: Selukwe
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 18:39:32 MGT 2024