Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Selakant (Latineria chalumna)
Selakant [boodskap #123766] Do, 10 Januarie 2019 14:48
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Model van 'n selakant.
Model van 'n selakant.
Die Selakant (Latineria chalumna Smith) is 'n soort primitiewe vis, vroeër slegs bekend in fossielvorm en beskou as uitgesterf. In 1939 het 'n sleepboot naby Oos-Londen 'n 5-voet spesie gevang, helder blou van kleur. Hoewel reeds in gevorderde stadium van ontbinding, is die belangrikste dele bewaar deur die ondernemingsgees van mej. Courtney Latimer van die Oos-Londense Museum en van prof. J.L.B. Smith van die Rhodes Universiteit, Grahamstad. Na 'n 15-jaar lange soektog deur laasgenoemde is nog 'n spesie ontdek naby die Comoro-eilande in die Mosambiek-kanaal. Die Eerste Minister, dr. D.F. Malan, het 'n spesiale vliegtuig gestuur om die vervoer na die Unie te bespoedig. Lewende spesies is sedertdien gevind en daar is vasgestel dat dit deur die plaaslike naturelle geëet word. Die naam, Selakant, is afgelei uit twee Griekse name wat beteken 'hol' en 'stekelrig'.

Bronne:
1. Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
2. Ou Vierpoot - die verhaal van die selakant deur Prof. J.L.B. Smith

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Sekunde
Volgende onderwerp: Selous, Frederick Courtney
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 19:28:32 MGT 2024