Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Sekoekoeni
Sekoekoeni [boodskap #123763] Do, 10 Januarie 2019 14:42
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Sekoekoeni was die opperhoof van die Bapedi, seun van Sekwati, grondlegger van die stam, vir wie hy in September 1861 opgevolg het. Hy was ’n bekwame leier, maar het die Suid-Afrikaanse Republiek baie moeilikheid gegee. In 1876 het hy in opstand gekom en die boere van Lydenburg moes laer trek by Krugerspos. Die Bapedi-opstand is in Februarie 1877 onderdruk en Sekoekoeni is beboet, maar hy het geweier om te betaal. Duur krygsverrigtinge deur president T.F. Burgers het op niks uitgeloop nie. Die Britte het Transvaal geannekseer en in 1877 probeer om hulle gesag oor hom af te dwing. Sekoekoeni het sekere regeringsgesinde stamgroepe aangeval, geweier om die vredesvoorwaardes van generaal sir G. Wolseley te aanvaar en is uiteindelik met groot lewensverlies op 28 November 1879 deur die Britte verslaan. Hy het op 2 Desember homself aan kommandant Ferreira oorgegee en is as gevangene na Pretoria gestuur. Hy is egter vrygelaat na die Eerste Vryheidsoorlog in 1881 toe die Konvensie van Pretoria onderteken is. In Augustus 1882 is hy deur sy halfbroer, Mampoer, vermoor.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Sekelvis, Konsertinavis
Volgende onderwerp: Sekretarisvoël
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 10:33:42 MGT 2024