Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Scott, Eerw. Guthrie Michael
Scott, Eerw. Guthrie Michael [boodskap #123735] Wo, 09 Januarie 2019 17:06
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Eerw. Guthrie Michael Scott was 'n predikant en politikus. Op 30 Julie 1907 gebore. Ontvang opleiding in Taunton en nadat hy na Suid-Afrika verhuis het, in Grahamstad. Hy studeer vir predikant en in 1930 word hy bevestig. Van 1935 tot 1939 werk hy in Indië. Tydens die Tweede Wêreldoorlog sluit hy aan by die Britse Lugmag, maar in 1943 keer hy terug na Suid-Afrika aangesien hy verbonde was aan die St. Alban’s Koloniale Sending en die St. Joseph’s-weeshuis in Johannesburg. Hy was besonder krities ten opsigte van baie aspekte van die Suid-Afrikaanse beleid en in 1950 verlaat hy die Unie om werk in Chichester in Engeland te aanvaar. Hy het homself beskou as ’n kampvegter vir die swart Afrikaan en het in 1947 voor die V.V.O. verskyn om klagtes oor toestande in Suidwes-Afrika voor te lê. Hy het verskeie boeke geskryf en gehelp met die stigting van die Afrika-buro waarvan hy direkteur geword het met die oogmerk om die Unie aan te val, ens.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Scientia
Volgende onderwerp: Scott, Kolonel Jack
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 11:55:02 MGT 2024