Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Schwartz, Professor E.H.L.
Schwartz, Professor E.H.L. [boodskap #123732] Wo, 09 Januarie 2019 17:02
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Professor E.H.L. Schwartz was 'n Suid-Afrikaanse geoloog. In 1873 gebore. In 1895 kom hy na Suid-Afrika en vestig hom op Grahamstad. Hy werk vir die Kaapse Geologiese Kommissie en vestig die aandag op hom met sy onortodokse sieninge van sekere aspekte van die Suid-Afrikaanse geologie, en deur ’n skema voor te stel vir die verandering van die klimaat in die Kalahari deur die Okavango en ander riviere af te keer. Hy het hierdie voorstelle toegelig in sy boek, Thirstland Redemption. In 1928 oorlede.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Schreiner, William Philip
Volgende onderwerp: Schweizer-Reneke
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 20:08:44 MGT 2024