Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Schreiner, William Philip
Schreiner, William Philip [boodskap #123731] Wo, 09 Januarie 2019 17:00
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
William Philip Schreiner was die Eerste Minister van die Kaapkolonie, en broer van Olive Schreiner. In 1857 in die distrik Herschel gebore. Hy studeer aan die South African College en Cambridge. In 1882 begin hy in Kaapstad met ’n praktyk. Was ’n ondersteuner van Cecil John Rhodes, en dien in sy kabinet as Prokureur-generaal, maar na die Jameson-inval kry hulle stry en Schreiner word een van die leiers van die Afrikanerbond. Van 1898 tot 1900 was hy Premier. Na die Zoeloe-rebellie van 1906 verdedig hy Dinizulu, word ná Uniewording ’n senator en van 1914 tot sy dood in 1919 was hy Hoë Kommissaris in Londen.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Schreiner, Olive Emily Albertina
Volgende onderwerp: Schwartz, Professor E.H.L.
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 15:37:42 MGT 2024