Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Schreiner, Olive Emily Albertina
Schreiner, Olive Emily Albertina [boodskap #123730] Wo, 09 Januarie 2019 16:59
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Olive Emily Albertina Schreiner was 'n Suid-Afrikaanse skryfster. Op 24 Maart 1855 by Wittebergen Sendingstasie gebore; dogter van eerw. Gottlob Schreiner, ’n Duitse sendeling en van ’n Engelse moeder. Selfs as jong kind het sy oor ’n buitengewone verbeeldingskrag beskik, maar sy het weinig vroeë opleiding gehad, hoofsaaklik verkry op eie inisiatief. Haar bekendste boek, The Story of an African Farm, het in 1883, onder die skuilnaam, Ralph Iron, verskyn. In Engeland is dit in vooraanstaande kringe aanvaar. Sy het ’n kampvegter vir vroueregte geword. Sy was ’n intieme vriendin van Cecil John Rhodes tot die Jameson-inval. Sy het groot opspraak verwek met haar aanvalle op die kolonisasie-metodes in Zimbabwe (Rhodesië), vervat in Trooper Halkett of Mashonaland. Tydens die Tweede Vryheidsoorlog het sy hard gewerk vir die Afrikanervolk en haar beywer om vrede te bewerkstellig. Sy trou met Samuel Cronwright (wat haar naam aanvaar het), vestig haar op Hanover en De Aar en gaan voort met haar skryfwerk. Sy woon die laaste jare in Engeland. In 1920 in Wynberg oorlede.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Schoon, R.
Volgende onderwerp: Schreiner, William Philip
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 14:17:26 MGT 2024