Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Schonland, Sir Basil F.J.
Schonland, Sir Basil F.J. [boodskap #123726] Wo, 09 Januarie 2019 16:54
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Sir Basil F.J. Schonland was 'n Suid-Afrikaanse fisikus. Op 5 Februarie 1890 op Grahamstad gebore, seun van professor S. Schonland. Na sy opleiding aan St. Aidan’s College en die Universiteit Rhodes, studeer hy aan Cambridge en tydens die Eerste Wêreldoorlog doen hy diens as seinoffisier. Van 1920 tot 1922 doen hy fisiese navorsing in die Cavendish-laboratorium, Cambridge; daarna word hy aangestel as professor in Fisika in Kaapstad en in 1936 direkteur van die Bernard Price-Instituut van Geofisika aan die Universiteit van die Witwatersrand en doen daar belangrike navorsing in weerligontlading en radio. Schonland se werk op die gebied van vliegtuigopsporingsmetodes, soos dit in radar beliggaam is, het daartoe aanleiding gegee dat hy in Brittanje aangestel is as Superintendent van die Leër se Gevegsnavorsingsgroep en later as wetenskaplike raadgewer van die Opperbevelhebber. Hy word die eerste president van die Wetenskaplike en Nywerheidsnavorsingsraad, maar keer na Brittanje terug en word in 1958 aangestel as direkteur van die Atoomkrag-navorsingsinrigting in Harwell. Hy tree in 1961 af met baie eerbewyse, insluitende lidmaatskap van die Royal Society.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Hartbeespoort
Volgende onderwerp: Schonland, Dr. Selmar
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 14:19:05 MGT 2024