Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Schoeman, Stefanus
Schoeman, Stefanus [boodskap #123723] Wo, 09 Januarie 2019 07:11
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Stefanus Schoeman was 'n vroeë Transvaalse staatsman. In 1810 in die Kaapkolonie gebore; sluit aan by die Groot Trek en kom saam met A.H. Potgieter in Transvaal aan. Hy word verkies tot Kommandant-generaal, maar bots met president M.W. Pretorius, namens wie hy, tydens laasgenoemde se afwesigheid in die O.V.S., waargeneem het. Die geskille het in 1862 op ’n burgeroorlog uitgeloop waarin hy leier was van die groep teen die toekomstige president Kruger. Hy is verslaan en na die O.V.S. verban, maar keer terug en word in 1867 diplomatieke agent in Noord-Transvaal. In 1890 oorlede. Die dorp, Schoemansdal, is na hom vernoem.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Schoemansdal
Volgende onderwerp: Schoemansville
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 18:01:43 MGT 2024