Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Schlesinger, Isidore William
Schlesinger, Isidore William [boodskap #123718] Wo, 09 Januarie 2019 07:05
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Isidore William Schlesinger was 'n Suid-Afrikaanse finansier en nyweraar. In 1871 in New York gebore as seun van ’n Hongaarse immigrant. Op jeugdige ouderdom het hy reeds buitengewone finansiële en administratiewe aanleg getoon en kom in 1894 na Transvaal as ’n vervaardigersverteenwoordiger. Hy word ’n versekeringsagent. Na die Tweede Vryheidsoorlog stig hy die African Realty Trust en open dorpsgebiede in Port Elizabeth, Kaapstad en Johannesburg. In 1904 stig hy die African Life Assurance Society, gevolg deur die Colonial Banking and Trust Co. in 1910 en die African Guarantee and Indemnity Co. In 1914 stig hy die African Theatres Trust, later African Consolidated Theatres. Daarna is nog meer ondernemings gestig - African Films en African Film Productions (die eerste suksesvolle plaaslik vervaardigde films). Sy nuusfilm, African Mirror, het dekades daarna nog bestaan. By Langholm, naby Grahamstad, het hy pynappelplantasies aangelê en inmaak- fabrieke in Port Elizabeth gestig. By Zebediela het hy die grootste lemoenboord ter wêreld, met 650,000 bome, aangelê. Hy het aan die hoof gestaan van meer as 100 maatskappye, met inbegrip van nuusblaaie en afdelingswinkels met der duisende Suid-Afrikaanse werknemers. In 1949 oorlede.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Schlenter
Volgende onderwerp: Schlesinger, John
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 17:44:14 MGT 2024