Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Schermbrucker, Frederick Xavier
Schermbrucker, Frederick Xavier [boodskap #123716] Wo, 09 Januarie 2019 07:00
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Frederick Xavier Schermbrucker was 'n soldaat en kabinetslid. In 1833 in Schweinfurt-am-Main in Duitsland gebore. In 1857 is hy saam met die Militêre Setlaars na die Kaap genooi. In Oos-Kaapland het hy gou op die voorgrond getree en in 1868 word hy parlementslid. In 1875 verhuis hy na die Oranje-Vrystaat en word redakteur van die Bloemfontein Express. In 1882 word hy lid van die Wetgewende Raad in die Kaap, en van 1884 tot 1890 was hy Minister van Openbare Werke. Hy help met die ontwikkeling van die steenkoolbedryf by Indwe, Kaapland. Op 27 April 1904 oorlede.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Scheepers, Kommandant Gideon
Volgende onderwerp: Schlenter
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 19:59:54 MGT 2024