Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Scheepers, Kommandant Gideon
Scheepers, Kommandant Gideon [boodskap #123715] Wo, 09 Januarie 2019 06:59
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Kommandant Gideon Scheepers was 'n Boeresoldaat. In 1878 naby Middelburg ,Transvaal, gebore; sluit in 1894 aan by die Suid-Afrikaanse Republikeinse Staatsartillerie as heliograaf-operateur. Later word hy na die O.V.S. gestuur om ’n soortgelyke diens daar te organiseer. In die Tweede Vryheidsoorlog word hy ’n verkenner en later Kommandant. Hy veg saam met ’n groep Kaapse Rebelle in 1901, word gevange geneem en aangekla van moord, poging tot moord, afranseling van ’n Britse onderdaan, dat hy gevangenes in die vuurlinie geplaas het, ens. Hy is tot die dood veroordeel en in 1902 in treurige omstandighede op Graaff-Reinet geskiet.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Schapera, Professor Isaac
Volgende onderwerp: Schermbrucker, Frederick Xavier
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 16:46:31 MGT 2024