Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Schapera, Professor Isaac
Schapera, Professor Isaac [boodskap #123714] Wo, 09 Januarie 2019 06:57
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Professor Isaac Schapera was 'n Suid-Afrikaanse antropoloog. Op 23 Junie 1905 gebore en ontvang sy opleiding aan die South African College en die Universiteit van Kaapstad. In 1930 sluit hy aan by die personeel van die Universiteit van die Witwatersrand. Vyftien jaar lank, van 1935 tot 1950, was hy professor in Sosiale Antropologie aan die Universiteit van Kaapstad. Sy verskeie geleerde wetenskaplike publikasies het hom wêreldroem besorg. In 1948 was hy besoekende professor aan die Universiteit van Chicago, en dit is in 1950 gevolg deur ’n aanstelling as professor in Antropologie aan die London School of Economics.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Scanlen, Sir Thomas Charles
Volgende onderwerp: Scheepers, Kommandant Gideon
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 10:27:56 MGT 2024