Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Sauer, Johannes Wilhelmus
Sauer, Johannes Wilhelmus [boodskap #123708] Di, 08 Januarie 2019 19:06
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Johannes Wilhelmus Sauer was 'n Suid-Afrikaanse staatsman. In 1850 op Burgersdorp gebore en ontvang opleiding aan die South African College. Hy word prokureur op Aliwal-Noord. In 1876 word hy verkies tot die Koloniale Parlement. As ’n ondersteuner van sir Gordon Sprigg, word hy Sekretaris van Naturelle Sake in die ministerie van sir Thomas Scanlen van 1881 tot 1884 en in 1893 ook Koloniale Sekretaris onder Cecil Rhodes. In 1896 word hy leier van die Opposisie in die Volksraad. Kampvegter van die nie-blankes, beskryf homself as ’n ‘filantropiese radikaal’; weier ’n ridderskap. Op 24 Julie 1913 oorlede.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Sauer, Dr. Hans
Volgende onderwerp: Sauer, Paul Oliver
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 15:43:56 MGT 2024