Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Sappi
Sappi [boodskap #123703] Di, 08 Januarie 2019 19:00
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Sappi is die algemene naam vir South African Pulp and Paper Industries Limited, ’n maatskappy naby Springs, Transvaal, en aan die Tugelarivier in Zoeloeland, wat papier, pulp en chemiese neweprodukte vervaardig. Dit het begin met die vervaardiging van papier uit die strooi van mielies en koring en het later van houtpulp gebruik gemaak. Die fabriek by Tugela maak gebruik van afval van suikerplantasies. Voorsiening word ook gemaak vir die vervaardiging van koerantpapier en meganiese drukpapier. ’n Groot nuwe fabriek is in 1966 op Ngodwana in Oos-Transvaal geopen.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Sannieshof
Volgende onderwerp: Saron
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 11:50:56 MGT 2024